Gratis vir Android · Afrikaans & English
Meet, tik twee keer, klaar. Groot knoppies, groot syfers, geen rekening, geen advertensies — en dit werk heeltemal sonder internet.

Wat Drukkie doen
Die meeste bloeddruk-programme is gebou vir jong oë en vinnige vingers. Hierdie een nie.
Groot + en − knoppies wat begin by jou vorige lesing. Gewoonlik net 'n paar tikke.
Kies wat vir jou oë werk. Alles word groter — nie net die skrif nie.
Stuur 'n netjiese PDF met 'n grafiek per WhatsApp of e-pos. Ook beskikbaar as CSV.
Een of twee keer per dag, op 'n tyd wat jou pas. Slaan oor as jy reeds gemeet het.
Volledig in albei tale. Jy kies op die heel eerste skerm, en kan enige tyd verander.
Een foon, twee profiele. Handig as julle dieselfde masjien deel.
Ons belofte
Belangrik. Drukkie hou net rekord. Dit stel nie 'n diagnose nie en vervang nie jou dokter nie. Gebruik dit om jou lesings te wys vir die mense wat weet wat dit beteken.
In English
Drukkie is a free Android app for keeping a record of your blood pressure readings. Large + and − buttons instead of a keypad, starting from your previous reading, so a typical entry takes a few taps and no typing. Three text sizes, reminders once or twice a day, and a printable PDF report you can send straight to your doctor over WhatsApp.
Everything stays on your phone. No account, no adverts, no internet connection, and nothing is ever sold or shared. The app only keeps a record — it does not diagnose anything and does not replace your doctor.