Drukkie
Alles wat jy moet weet, in kort. Afrikaans eerste, English below.
Wenk: jy kan ook jou vinger op die groot syfer op en af trek om dit vinnig te verander.
Direk na jy gestoor het, wys 'n groen skerm met die lesing en 'n ONGEDAAN knoppie. Tik dit om die lesing dadelik te verwyder. Later kan jy dit nog altyd by Geskiedenis regmaak of uitvee.
Instellings → Teksgrootte. Kies Normaal, Groot of Grootste. Alles word groter, nie net die skrif nie.
Instellings → Herinneringe. Skakel dit aan, kies een of twee keer per dag, en kies die tyd. Android sal een keer vra of die program kennisgewings mag wys — sê ja, anders kom die herinneringe nie deur nie.
As jy reeds gemeet het, word daardie herinnering oorgeslaan.
Instellings → Stuur verslag (PDF). Die program bou 'n verslag met 'n opsomming, 'n grafiek en al jou lesings, en gee dit aan jou foon se deel-venster. Kies WhatsApp, e-pos, of wat ook al.
Die kleurband en die woorde onder jou lesing wys net waar dit val teenoor die normale reeks. Dit is nie 'n diagnose nie. Drukkie hou rekord — jou dokter besluit wat dit beteken. As 'n lesing baie hoog is, sal die program voorstel dat jy rus en weer meet, en dan jou dokter kontak as dit so bly.
Instellings → Vir wie is dit. Skakel dit aan, gee elkeen 'n naam, en wissel bo-aan die tuisskerm. Elke persoon se lesings bly apart.
Right after saving, a confirmation screen appears with an Undo button. Later, you can edit or delete any reading from the History screen.
Settings → Text size. Three sizes, and everything scales, not just the letters.
Settings → Reminders. Choose once or twice a day and pick the times. Android will ask once whether the app may show notifications — say yes, or no reminders will arrive. A reminder is skipped if you have already logged a reading around that time.
Settings → Send report (PDF). The app builds a summary, a chart and a full table of your readings, then hands it to your phone's share menu.
The colour band shows where a reading falls relative to the normal range. It is not a diagnosis. Drukkie keeps the record; your doctor decides what it means.
Email info@pioneertechgames.co.za and tell us what phone you have and what happened.